Meer oor ons
BND Ingenieurswerke is ‘n ingenieurs- en adviesfirma wat spesialiseer in meganiese ingenieurswese in Robertson en omliggende gebiede. Ons spesialiseer in die vervaardiging, sowel as die ontwerp en evaluering van belangrike komponente, produkte, aanlegte en infrastrukture van meganiese ingenieurswese.
BND Ingenieurswese word al vir meer as 20 jaar erken vir sy toewyding tot diens, gehalte en veiligheid. Kliënte kan verseker wees dat elke werksopdrag met die hoogste vlak van professionaliteit en kwaliteit hanteer word.








